I KNOW! - EK WEET!

Knowledge is fun - Kennis is pret

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

"Die kinders noem dit “Slimtyd”, en hulle vra elke week wanneer kom die nuwe vrae!"
Laerskool Monte Vista

"Ons leer heerlik uit julle vasvraprogramme en die kinders geniet dit baie. Dit is 'n prikkel om koerant te lees, want hulle wil graag die antwoorde vooruit weet."
Hoërskool Heidelberg

"Dis die enigste aktiwiteit wat ek aanbied waar al 40 leerders aan elke woord hang wat ek sê. Daar is ’n sekere “towerformule” in die vra en antwoord van vrae."
Laerskool Bellville-Noord

"Ek WEET! vul ’n leemte in die kurrikulum op ’n weldeurdagte, praktiese dog prettige manier."
Laerskool Eversdal

"Weer eens dankie vir 'n wonderlike produk!  Ons kinders in die skool geniet die Algemene kennis "toetsies" wat hulle elke week doen. Daar is gedurig kinders wat my vra of die volgende aflewering al gestuur is. Weer eens dankie vir al u toewyding om die kinders van ons land se kennis te verbreed. Dit werp beslis vrugte af!!"
Mtubatuba Primêre skool, KwaZulu-Natal

"Baie dankie vir die bekendstelling van EK WEET wat ons vanoggend bereik het. Ek is vreeslik opgewonde daaroor, en wil onmiddellik ons skool inskryf. Ons is 'n klein privaatskool, Zoetendal Akademie, op L'Agulhas. Ons het 27 leerlinge, 3 leerkragte (myself ingesluit), en 'n wonderlike omgewing waarin leer kan plaasvind. Vrydae volg ons 'n fleksierooster, sodat EK WEET wonderlik gaan inpas. Die eerste twee kleintjies het klaar hul rande gebring, so entoesiasties  is hulle hieroor. "
Zoetendal Akademie, L’Agulhas

"Sjoe! Ek's verras - die kinders dink dis "cool" - dit help veral vir die koshuiskinders. Dankie - sterkte vir jul "wow" werk!"
HTS Middelburg

"Baie dankie vir die vasvra elke week! Ek en my klas is mal daaroor!"
Graad 3, Laerskool Panorama

"Hier by ons gaan dit klopdisselboom! Ons geniet die vasvra terdeë.
In die vorige reeks vrae (11 of 12) was daar vrae oor Irak, Arabies ens. Dit het 'n hele gesprek ontketen oor ander kulture. Ek het self ook baie geleer van die Moslem-geloof, wat net weer by my die besef tuisgebring het hoe min ons werklik van mekaar weet.  Ek voel julle program is van onskatbare waarde, en daar is geweldig baie ondersteuning daarvoor by die res van ons personeel.  Ek het nog nie een negatiewe aanmerking gehoor nie."
Sunridge Primary School, Port Elizabeth

"Die beste ding wat met ons skool kon gebeur het, was toe jy met die skoolhoofde van die Suidpunt Hoofdevereniging kom gesels het! Dit wat jy met ons gedeel het, kan ons nie in monetêre waarde verdiskonteer nie! Jy het 'n omwenteling hier by die skool teweeg gebring, waarvoor ons jou vir altyd dank verskuldig sal wees!
 
Kennis is mag! Om die leerders van die Laerskool Bredasdorp te bemagtig en te keer dat hulle met oogklappe deur die lewe gaan, word ons leerders weekliks met "Ek Weet!" Algemene Kennis-vrae bestook. Almal in ons skoolgemeenskap - leerders, opvoeders en ons ouers - sien met groot opgewondenheid uit na die temas en algemene kennis vrae wat julle vir ons stuur.
 
Die "Ek Weet!" vrae wat ons ontvang, strek oor al agt leerareas, dit komplementeer die nuwe kurrikulum en bemagtig ons leerders op 'n terrein wat verder strek as net Suid-Afrika. Dit maak ons leerders ingeligte wêreldburgers!
 
Daagliks word die "Ek Weet!" vrae in elke registerklas, vanaf Grade R tot 7, bespreek en Maandae tydens die saalbyeenkoms, word die leerders binne Fase-verband met vrae gepeper.  Een keer 'n kwartaal gaan al die leerders aan 'n Interhuis Algemene Kennis Vasvra Kompetisie blootgestel word.
 
Baie dankie vir die briljante projek en dat jy jou jarelange ondervinding op die gebied, eers as deelnemer en later as aanbieder, met ons deel! Dit word opreg waardeer!"
Johann Burger, Skoolhoof: Laerskool Bredasdorp

 

Ek wil net baie dankie sê vir hierdie jaar se harde werk. Oudergewoonte het ons weer ‘n heerlike algemene kennis-jaar gehad en ekself het baie geleer.  Ons interhuisvasvra in Oktober was ‘n groot sukses en deur almal baie geniet.  Ons gonsers werk nog goed en ons het ‘n paar nuwe idees vir die verhoogvasvra – miskien kan julle dit aan ander skole oordra as daar ‘n geleentheid is.  Ons het hierdie jaar begin met elke 5de vraag aan die gehoor, m.a.w. die deelnemers kry 4 vrae om te antwoord en die 5de word aan die gehoor gevra.  Ons het een onderwyser op die verhoog wat kyk min of meer watter hand gaan eerste op.  As die antwoord reg is, kry die kind se huis ‘n punt. As hy verkeerd is, trek ons geen punte af nie en gee die vraag oor aan die deelnemers op die verhoog.  Volgende jaar wil ons ook vir elke span ‘n A, B en C bordjie gee, by sommige vrae laat ons dan al die spanne antwoord, hulle moet eenvoudig die A, B of C bordjie opsteek, hulle kan dan almal punte kry vir dieselfde vraag (of punte verloor!).  Ook wil ons ‘n ‘power play’ doen soos in krieket, elke span kry ‘n bordjie wat op die lessenaar kan staan.  Hulle kry bv 3 geleenthede om te ‘power play’ gedurende die vasvra. Hulle kan kies wanneer om die bordjie op die lessenaar staan te maak en wanneer hulle dit doen, mag daar geen punte van hulle afgetrek word as hulle die vraag verkeerd kry nie.  Die spanne kan dit almal op dieselfde tyd doen, of op verskillende tye, net wanneer hulle dink dis ‘n goeie tyd. (Dit moet natuurlik tussen twee vrae gedoen word, voor die volgende vraag gevra word). 

Sunridge Primary School, Port Elizabeth

 

 

 

 

Dawid van Lill

 

Britannica Junior / EK WEET! vasvrakompetisie

         

v.l.n.r. Andomei Smit, Shané la Grange, Larissa Myburgh, Chanél Tweehuysen, Jesse Jooste, Lorraine Dippenaar, Daniélle Smit, Hano du Preez, Alex Laubscher, Wessel Möller, Me Marinda Bezuidenhout (Verkoopsbestuurder Jacklin Enterprises) en Mnr Pieter van Coller

Die wenner van die Britannica Junior / EK WEET! vasvrakompetisie is Laerskool Skuilkrans in Pretoria. Hulle het die Britannica Junior: Ensiklopedie vir Suidelike Afrika gewen, asook 'n jaar se gratis lidmaatskap van die EK WEET! vasvraprogram. Baie geluk.      

 

                                                                                                                                                                                                   

 South African Education Portal

 

 

 


 

Do you like quizzes?

Do you like quizzes?
 

Speel 'n vasvra

     

Klik op Speel 'n Vasvra. Wag dat dit laai. Tik net jou e-posadres in, en speel... (Jy het nie 'n gebruikersnaam nodig nie.)

Geniet dit!

 

Bestel die boek Die Verhaal van die Volksvertelling in Afrikaans
deur my skoonpa, prof. PW Grobbelaar, by info@iknow.co.za.
Die prys is R295 plus posgeld. (680 bladsye)

 

 

Besoek my Quia-webblad vir nog vasvrae.         

Visit my Quia web page for more quizzes.

 

 

               

Doen die vasvrablokraai.     

 Klik op EK WEET!

 

 

Hoe goed vaar jy in die volgende 10 nuusvrae? Klik hier.

 

Pas die sokkerspan by sy bynaam. Klik hier.


 

 

Samel geld in met EK WEET!

Gebruik die volgende vasvrae as 'n barometer van die stand van algemene kennis in die skool en samel geld in!          

Klik op die volgende skakels en gebruik die EK WEET!-vasvrae om die skerpheid van die algemene kennis- en nuusneuse in die skool te toets. Maak dit 'n ernstige saak en betrek ouers om borg te staan vir hul kind se prestasie.

                

Daar is 30 vrae vir Vlak 1 en 75 vrae vir Vlak 2&3. Gebruik almal of kies die aantal vrae self. Laat die ouers dit borg teen x sent of rand 'n vraag en samel geld in!

(Die antwoorde word in vetgedrukte letters aangedui. Verwyder die funksie voor enige afdrukke gemaak word vir die leerders.)

EK WEET! Vlak 1 (vir graad 1 tot 4)

EK WEET! Vlak 2&3 (vir graad 5 en hoër)

I KNOW! Level 1 (for grades 1 to 4)

I KNOW! Level 2&3 (for grades 5 and higher)

 


Jy benodig die Adobe Reader om van die vasvrae op die webruimte oop te maak. Klik op die skakel as jy dit nie op jou rekenaar het nie. Klik daarna op Download. Dit is gratis!