Die EK WEET! Vlak 1- en Level 1-vasvraprogramme bestaan uit 31 vasvrae in Afrikaans en 31 vasvrae in Engels.
As die skool inskryf op die Vlak 1-vasvraprogram, ontvang die skool die afgelope 31 vasvrae gratis.
Die skool skryf vir ‘n jaar in en ontvang die vasvrae volgens die skedule.
‘n Jaar se vasvraprogram bestaan uit…
- 20 normale vasvrae
- 7 hersieningsvasvrae
- 4 Olimpiades
‘n Normale EK WEET! Vlak 1-vasvra bestaan uit …
- Snelvuur: 10 algemene kennisvrae asook ‘n Wie, Wat of Waar is ek?-vraag
- Woorde: 5 woordeskatvrae (meestal oor snaakse stories wat met mense gebeur)
- EK WEET!: 20 algemene kennisvrae met ekstra inligting.
’n Hersieningsvasvra bestaan uit vrae van die vorige twee weke se vasvrae, en dit sluit ’n vasvrablokraai in.
’n Olimpiade is ’n hersiening van die afgelope kwartaal se vrae.
Die skool kan enige tyd van die jaar inskryf, vir ’n jaar.
Skole ontvang die vasvrae Donderdagoggende, volgens die skedule.
(Die publiek ontvang dieselfde vasvrae Vrydagmiddae, volgens die skedule.)



.jpg)
.jpg)





.jpg)



